Inligting voortgesit

Jag:  Ons doen hoofsaaklik geweer-jag, maar het twee skuilings beskikbaar vir boogjagters.  Jagtyd is vanaf 06:00 tot 18:00.  Op twee van die plase is daar van tyd tot tyd olifante. U sal ingelig word indien hulle daar is.

Jagter Vervoer en Herwin van Wild:  Jagters gebruik ten alle tye hulle eie vervoer na jagpunte en waterpunte.  Die paaie na jagpunte en waterpunte is toeganklik vir voertuie.  Wanneer ‘n jagter egter  besluit die wild geskiet, is nie toeganklik met sy eie voertuig nie, is ‘n voertuig beskikbaar vir die herwin van wild teen R200 per keer.  ‘n Sleepwa met bal en klou haak is ook beskikbaar teen geen tarief.

Besprekings:  Die leier van die jaggroep, deur wie die bespreking gemaak word, vorder die gelde vir die deposito en betaling van die faktuur* van alle lede van sy groep in en betaal in een bedrag oor.

Geen bespreking sal gefinaliseer word indien ons nie binne 10 dae ‘n deposito van 50% van die akkommodasie ontvang nie. Indien geen deposito binne 10 dae ontvang word nie, word u bespreking beskou as gekanselleer en sal u naam op die waglys geplaas word. 

NB!  Epos asseblief die bewys aan ons (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)

* Indien ‘n kredietkaart masjien nie beskikbaar is nie

Kansellasie fooi:  Skriftelik (epos) 10 dae en vroeër 50% van (betaalde) deposito word terugbetaal aan die groepleier. Binne 10 dae kanselleer, geen terugbetaling nie.  Indien u besluit om jou besoek te verkort en dit nie om ‘n ernstige rede is nie, sal ‘n kansellasie fooi van 50% van die akkommmodasie totaal gehef word.  Jagter of nie-jagter tariewe is van toepassing vir die volle tydperk van u besoek, behalwe as ‘n nie-jagter besluit om te jag. Onder hierdie omstandighede sal die jagtarief gehef word.

Covid-19:  Indien ‘n nasionale beperking op reis ingestel word, betaal ons 90% van die (betaalde) deposito terug of skuif u bespreking aan na ‘n volgende beskikbare datum.

ALLE PRYSE SLUIT BTW IN